skip to Main Content

Die terrein is geleë op die plaas Tweebosch, 40km buite Vaalwater in die Limpopo provinsie in die hartjie van die Waterberge.

Die terrein is slegs toeganklik vir lede van Die Voortrekkerbeweging en kan geen buitepersone akkommodeer nie.

Die terrein is ideaal geskik vir die meer avontuurlustige kampeerder wat spanbouaktiwiteite wil aanbied of selfs aan ‘n verskeidenheid natuurgerigte spesiale onderskeidingskentekens wou voldoen. Kleiner kommando’s of spanne kan gerus van hierdie kampterrein gebruikmaak.

Geen vuurmaakhout word voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie. Alle rommel moet self deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.

Besprekings kan by Izelle Ryan gemaak word.
Kontaknommer: 012 430 3914 of 082 856 2981
E-posadres: [email protected]

Rigtings

Ry noordwaarts op Nelson Mandela Dr / R33 [Volg verder R33] (17.8 km)

Draai regs (78 m)

Draai links (18.8 km)

Ry reguit (15.8 km)

Ry suidwes na R33 (550 m)

Draai linksaf R33 (6.5 km)

Draai links (26.5 km)

Draai links (650 m)

Ry op die R101 (74.4 km)
.
Draai links (6.7 km)
.
Ry na jou bestemming (13.0 km)
Back To Top