skip to Main Content

Die terrein is geleë op die plaas Tweebosch, 40km buite Vaalwater in die Limpopo provinsie in die hartjie van die Waterberge.

Die terrein is slegs toeganklik vir lede van Die Voortrekkerbeweging en kan geen buitepersone akkommodeer nie.


Die terrein is ideaal geskik vir die meer avontuurlustige kampeerders wat spanbouaktiwiteite wil aanbied of selfs aan ‘n verskeidenheid natuurgerigte, spesiale onderskeidingskentekens wil voldoen. Kleiner kommando’s of spanne kan gerus van hierdie kampterrein gebruikmaak.

Die Kampraad van Rhus Keeti Avontuurkamp kan sekere aktiwiteite aanbied vir kampeerders wat die volgende insluit: (moet voor die tyd gereël word)

  • Kentekens (vir verkenners asook penkop en drawwertjies)
  • Abseil en rotsklim
  • Natuurstaptogte

Geen vuurmaakhout word voorsien nie en mag ook nie uit die veld gehaal word nie. Alle rommel moet self deur die kampeerders verwyder word wanneer die kamp verlaat word.

Ligging

Geleë 35 km buite Vaalwater en 50km vanaf Modimole (Nylstroom) in die Limpopo provinsie in die hartjie van die Waterberge. 

Koordinate: 24°21’10.65″S en 28°22’6.51″O

Back To Top