skip to Main Content

Hier is die lys van kentekens wat ons aanbied vir 2021.

Skryf gou in, voor die kentekens vol raak!

Veldvernuf (GR 8-9)

Veldvernuf (GR 8-9)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner die vaardigheid aan te leer om homself in die veld met vertroue te kan handhaaf.

Verfbal (GR 8-9)

Verfbal (GR 8-9)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner bekend te stel aan verfbal as ‘n buitelugontspanningsaktiwiteit en hom of haar met die vaardighede toe te rus om verfbal op ‘n veilige en verantwoordelike wyse te beoefen.

Boomidentifisering (GR 8-12)

Boomidentifisering (GR 8-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner te leer om bome te identifiseer.

Voëlidentifisering (GR 8-12)

Voëlidentifisering (GR 8-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner te leer om voëls van die omgewing waar te neem en te identifiseer.

Fotografie (GR 8-12)

Fotografie (GR 8-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner op te lei en vaardig te maak met ‘n kamera, sodat hy dit optimaal kan gebruik en goeie foto’s kan neem.

Sterrekunde (GR 8-12)

Sterrekunde (GR 8-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner bewus te maak van die heelal as unieke deel van God se skepping.

Bergfietsry (GR 10-12)

Bergfietsry (GR 10-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner bloot te stel aan basiese bergfietsrytegnieke in ‘n nie-teerpad omgewing, en hom of haar met die vaardighede toe te rus om die toepaslike fietsrytoerusting veilig en effektief te gebruik.

Jag En Wildbeheer (GR 10-12)

Jag en Wildbeheer (GR 10-12)

Die doelwit van die kenteken is om kennis met betrekking tot jag en wildbeheer aan die Verkenner oor te dra.

Rotsklim (GR 10-12)

Rotsklim (GR 10-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner bloot te stel aan beperkte rotsklimaktiwiteite (sportklim op kunsmatige en geselekteerde natuurlike rotse) en hom of haar met die vaardighede toe te rus om ‘n beperkte rotsklimaktiwiteit op ‘n veilige en verantwoordelike wyse te beplan, te beoefen en te fasiliteer.

Gevorderde Boogskiet (GR 10-12)

Gevorderde boogskiet (GR 10-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner bloot te stel aan gevorderde boogskietaktiwiteite en hom of haar met die vaardighede toe te rus om boogskiet op ‘n veilige en verantwoordelike wyse te beplan, te beoefen en te fasiliteer.

Kampbeveiliging (GR 10-12)

Kampbeveiliging (GR 10-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Vekenner prakties op te lei in die veiligheids- en reddingsaspekte in en om kampe.

4×4 Veldry (GR 11-12)

4×4 Veldry (GR 11-12)

Die doelwit van die kenteken is om die Verkenner toe te rus en te bemagtig om ‘n 4×4 voertuig op die pad, in die veld en in moeilik begaanbare terrein veilig, bedagsaam en met min skade aan die natuur te bestuur.

Het jy al besluit watse kenteken jy wil doen?
Indien wel, skryf sommer nou al in, anders het jy dalk nie ‘n plek nie!

Back To Top